Book contents
- Frontmatter
- Inboud
- The Unisa Flame Series
- Inleiding
- Voorwoord deur Chris van der Merwe
- Erkennings
- Hoofstuk 1 Nandi kies Senzangakhona
- Hoofstuk 2 Senzangakhona verwerp Nandi
- Hoofstuk 3 Chaka maak ’n leeu dood
- Hoofstuk 4 Chaka word deur die koning van die diep waters besoek
- Hoofstuk 5 Chaka vlug van sy tuiste
- Hoofstuk 6 Chaka ontmoet Isanusi
- Hoofstuk 7 Isanusi berei Chaka met medisyne voor
- Hoofstuk 8 Chaka kom by Dingiswayo aan – hy maak die waansinnige dood Die oorlog by Zwide
- Hoofstuk 9 Ndlebe en Malunga sluit by Chaka aan
- Hoofstuk 10 Chaka vang Zwide
- Hoofstuk 11 Die dood van Senzangakhona
- Hoofstuk 12 Noliwa
- Hoofstuk 13 Chaka en Isanusi by Senzangakhona se graf
- Hoofstuk 14 Chaka word in die koningskap van sy vader bevestig
- Hoofstuk 15 Zwide maak Dingiswayo dood Chaka verwerf die koningskap van Dingiswayo
- Hoofstuk 16 Die nuwe naam
- Hoofstuk 17 Die hervormings en organisasie van Chaka
- Hoofstuk 18 Die dood van Noliwa
- Hoofstuk 19 Afrekening met die lafaards
- Hoofstuk 20 Chaka val suidwaarts aan. Mzilikazi
- Hoofstuk 21 Oor Nongogo en Mnyamana
- Hoofstuk 22 Die dood van Nandi
- Hoofstuk 23 Die onversadigbare dors
- Hoofstuk 24 Pynlike drome
- Hoofstuk 25 Donga lukaTatiyana
- Hoofstuk 26 Die einde van Chaka
- Ander geraadpleegde werke
Hoofstuk 1 - Nandi kies Senzangakhona
Published online by Cambridge University Press: 11 November 2021
- Frontmatter
- Inboud
- The Unisa Flame Series
- Inleiding
- Voorwoord deur Chris van der Merwe
- Erkennings
- Hoofstuk 1 Nandi kies Senzangakhona
- Hoofstuk 2 Senzangakhona verwerp Nandi
- Hoofstuk 3 Chaka maak ’n leeu dood
- Hoofstuk 4 Chaka word deur die koning van die diep waters besoek
- Hoofstuk 5 Chaka vlug van sy tuiste
- Hoofstuk 6 Chaka ontmoet Isanusi
- Hoofstuk 7 Isanusi berei Chaka met medisyne voor
- Hoofstuk 8 Chaka kom by Dingiswayo aan – hy maak die waansinnige dood Die oorlog by Zwide
- Hoofstuk 9 Ndlebe en Malunga sluit by Chaka aan
- Hoofstuk 10 Chaka vang Zwide
- Hoofstuk 11 Die dood van Senzangakhona
- Hoofstuk 12 Noliwa
- Hoofstuk 13 Chaka en Isanusi by Senzangakhona se graf
- Hoofstuk 14 Chaka word in die koningskap van sy vader bevestig
- Hoofstuk 15 Zwide maak Dingiswayo dood Chaka verwerf die koningskap van Dingiswayo
- Hoofstuk 16 Die nuwe naam
- Hoofstuk 17 Die hervormings en organisasie van Chaka
- Hoofstuk 18 Die dood van Noliwa
- Hoofstuk 19 Afrekening met die lafaards
- Hoofstuk 20 Chaka val suidwaarts aan. Mzilikazi
- Hoofstuk 21 Oor Nongogo en Mnyamana
- Hoofstuk 22 Die dood van Nandi
- Hoofstuk 23 Die onversadigbare dors
- Hoofstuk 24 Pynlike drome
- Hoofstuk 25 Donga lukaTatiyana
- Hoofstuk 26 Die einde van Chaka
- Ander geraadpleegde werke
Summary
Suid-Afrika is ’n breë hoogland tussen twee oseane, ’n oseaan aan die oostekant en een aan die westekant. Die volke wat hier woon is van verskillende soorte en tale. Nogtans verdeel hulle hulself gemaklik in drie groot groepe: die volke aan die westelike kus het ’n geel gelaatskleur, dit is die San en ook die Khoi; in die middel is daar die Batswana en die Basotho; in die ooste is dit die Bakone, die Matebele. Hulle grense is groot en duidelik, dit is grense wat deur God gemaak is, nie deur mense nie, want die volke in die weste is van dié in die middel geskei deur groot, waterlose sandwoestyne; en dié in die middel is van dié in die ooste geskei deur ’n lang, hoë bergreeks wat uit die Kolonie opwaarts strek, parallel met die oseaan, maar ver daarvandaan. Die verskil tussen die volke is inderdaad groot, so groot dat iemand wat van die weste af ooswaarts reis, dadelik oplet en besef dat hy in ’n ander land en tussen vreemde mense aangekom het as hy hom tussen die Basotho in die middel bevind, en so is dit ook as hy afreis na die volke van die Matebele aan die anderkant van die Malutiberge.
Ons verhaal gaan oor die mense van die ooste, die Bakone; maar voordat ons daarmee voortgaan, is dit gepas dat ons aandui hoe die volke aan die begin daar gewoon het, sodat die leser kan verstaan wat vertel gaan word in die hoofstukke wat volg.
Die grootste gedeelte van die land van die Bakone, dié tussen die Malutiberge en die oseaan, is ruig met bos begroei. Hier ryp dit nooit swaar nie, dit ryp slegs liggies omdat dit naby die see geleë is. Dit is ’n groen landstreek met welige weivelde. Die swart grond beteken dat dit daar baie vrugbaar is; daar is rooigras en krulblaargras; die water is moerassig, wat beteken dat die beeste lekker vet is. Daar is baie riviere en dit beteken dat dit daar goed reën. Dit is ’n baie mistige landstreek; die mistigheid klaar gewoonlik eers op as die son al hoog sit, en dit beteken dat daar nie juis droogtes voorkom nie want die vog trek stadig in.
- Type
- Chapter
- Information
- ChakaDie nuwe Afrikaanse vertaling, pp. 19 - 25Publisher: University of South AfricaPrint publication year: 2017